Revelation 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vyfde engel het geblaas, en ek het 'n ster uit die hemel op die aarde sien val, en aan hom is die sleutel van die afgrond gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het die vyfde engel op sy trompet geblaas. Ek het gekyk hoe ’n ster van die hemel af op die aarde val, en die sleutel van die tonnel na die bodemlose put is aan hom gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee. |
| Afrikaans 1983 | Die vyfde engel het toe op sy trompet geblaas. Ek het 'n ster gesien wat van die hemel af op die aarde geval het, en die sleutel van die skag na die onderaardse diepte is aan hom gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die vyfde engel het op sy trompet geblaas. Toe het ek 'n ster uit die hemel op die aarde sien val. Aan hom is die sleutel van die skag na die onpeilbare diepte gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyfde engel het sy trompet geblaas. Toe sien ek 'n ster wat uit die lug op die aarde geval het. God het vir die ster die sleutel gegee wat die diep gat kan oopsluit wat na die onderwêreld gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vyfde engel se trompet weerklink toe. Juis toe val my oog op iemand wat soos ’n ster van bo af op die aarde afkom. |