Revelation 8:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar gevul en dit op die aarde gegooi, en daar was stemme en donderslae en weerligstrale en 'n aardbewing.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die engel die wierookbak geneem, dit vol gemaak met die vuur van die altaar af en dit op die aarde uitgegooi. Donderslae, rammelinge, weerligstrale en ’n aardbewing het toe daarop gevolg.
Afrikaans 1933/1953 En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.
Afrikaans 1983 Toe het die engel die wierookbak geneem, dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die engel het toe die wierookbak geneem, dit met vuur van die altaar af gevul, en dit op die aarde uitgegooi. En daar was donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die engel die wierook-pan geneem. Hy het vuur van die altaar geneem en hy het die wierook-pan vol vuur gemaak. Toe het hy die vuur op die aarde gegooi, en daar was baie donderweer en weerlig en 'n aardbewing, dit het baie geraas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die engel maak toe die bak vol met brandende kole van die altaar af. Hy keer dit toe op die aarde om met merkwaardige gevolg. Blitse het geslaan, die donder het gedreun, mense het geskree en die aarde het gebewe.