Revelation 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die rook van die reukwerk wat saam met die gebede van die heiliges gekom het, het uit die hand van die engel voor God opgestyg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die rookwolk van die reukwerk wat deur die engel geoffer is, is gemeng met die gebede van hulle wat aan God toegewy is, en het opgestyg voor God.
Afrikaans 1933/1953 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.
Afrikaans 1983 Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die rook van die reukwerk het, saam met die gebede van die heiliges, uit die engel se hand voor God opgestyg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die rook van die wierook en die gebede van al die mense wat aan God behoort, het opgegaan van die wierook-pan in die engel se hand, dit het opgegaan voor God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die heerlikste geur van die wierook het saam met die gebede van God se mense die ruimte by God gevul. Dit het uit die mengsel gekom wat die engel met sy hande gemaak het.