Revelation 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n ander engel het gekom en by die altaar gaan staan met 'n goue wierookbak; en baie reukwerk is aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die heiliges te bring op die goue altaar wat voor die troon was.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Ander engel het nadergekom en by die altaar gaan staan. Hy het ’n goue wierookbak vasgehou. Baie reukwerk is aan hom gegee om dit te meng met die gebede van almal wat aan God toegewy is, en om dit te offer op die goue altaar wat voor die troon staan.
Afrikaans 1933/1953 En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;
Afrikaans 1983 'n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan staan met 'n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Ander engel het nader gekom met 'n goue wierookbak, en by die altaar gaan staan. Baie reukwerk is aan hom gegee om, saam met die gebede van al die heiliges, op die goue altaar voor die troon te gaan offer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En 'n ander engel het gekom en hy het by die altaar in die hemel gaan staan. Hy het 'n goue wierook-pan gehad. Hy het baie wierook gekry. Hy moes die wierook offer saam met die gebede van almal wat aan God behoort. Hy moes dit offer op die goue altaar wat voor die troon van God is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Ander engel verskyn toe ook op die toneel. Hierdie engel het ’n goue bak vasgehou en by die altaar gaan staan. ’n Klomp wierook, wat baie lekker ruik, is vir die engel gegee. Dit is saam met die gebede van al God se mense op die goue altaar gesit. Die altaar het reg voor God gestaan.