Revelation 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het gesien en gehoor 'n engel wat deur die middel van die hemel vlieg en met 'n groot stem sê: Wee, wee, wee die bewoners van die aarde vanweë die ander stemme van die basuin van die drie engele wat nog moet blaas!
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek gekyk en ’n besondere arend, wat hoog in die lugruim vlieg, met ’n skril stem hoor uitskreeu: “Hoe vreeslik, hoe vreeslik, hoe vreeslik sal dit nie vir die bewoners van die aarde wees as die oorblywende engele binnekort op hulle trompette blaas nie!”
Afrikaans 1933/1953 En ek het gesien en gehoor 'n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met 'n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!
Afrikaans 1983 Toe het ek 'n arend hoog in die lug sien vlieg, en ek het hom met 'n harde stem hoor skreeu: “Wee, wee, wee die bewoners van die aarde wanneer die ander drie engele op hulle trompette gaan blaas.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En ek het gesien, en ek het 'n engel wat hoog in die lug vlieg, met 'n skril stem hoor roep: “Wee, wee, wee die bewoners van die aarde, wanneer die ander drie engele binnekort met 'n geskal op hulle trompette blaas.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek het 'n arend gesien wat hoog in die lug vlieg. Ek het gehoor hy skree hard en hy sê: “Dit sal baie baie sleg gaan met die mense op die aarde wanneer die ander drie engele hulle trompette blaas.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kyk toe mooi. Bo in die lug sien ek ’n arend sweef. Die arend skree toe hard sodat almal kan hoor: “Verdoemend, ja, vernietigend, verskriklik! Die arme mense op aarde. Ek kry hulle jammer as die laaste drie engele op hulle trompette blaas.”