Revelation 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vierde engel het geblaas, en die derde deel van die son is geslaan, en die derde deel van die maan en die derde deel van die sterre; sodat die derde deel van hulle verduister was, en die dag vir 'n derde deel daarvan nie geskyn het nie, en ook die nag.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vierde engel het op sy trompet geblaas en ’n derde van die son, ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre is getref sodat ’n derde van hulle verduister is. ’n Derde van die dag het geen lig gehad nie, en só ook die nag.
Afrikaans 1933/1953 En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
Afrikaans 1983 Die vierde engel het toe op sy trompet geblaas. 'n Derde van die son en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre is getref, sodat 'n derde van hulle donker geword het. 'n Derde deel van die dag het nie lig gehad nie, en die nag ook nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vierde engel het op sy trompet geblaas, en 'n derde van die son, 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre is getref, sodat 'n derde van hulle verduister is. Vir 'n derde van die dag was daar nie lig nie; en net so was dit ook in die nag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vierde engel het sy trompet geblaas. Een derde van die son en een derde van die maan en een derde van die sterre het donker geword. Een derde van die dag was donker, en die nag was ook donker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vierde engel blaas toe op sy trompet. ’n Derde van die son, maan en sterre word toe getref. Die gevolg was dat die sonlig ’n derde minder was en die maan ook ’n derde swakker geskyn het.