Revelation 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierna het ek gesien, en kyk, 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, van alle nasies en geslagte en volke en tale, staan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en handpalms in hulle hande;
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het ek gekyk, en werklikwaar — daar was ’n reuse skare mense wat niemand eers kon tel nie. Hulle het gekom uit elke nasie, stam, volk en taalgroep, en het voor die troon en voor die Lam gaan staan. Hulle het wit klere aangehad, met palmtakke in hulle hande.
Afrikaans 1933/1953 Nhierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Afrikaans 1983 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierna het ek gesien, en kyk, daar was 'n baie groot skare, wat niemand kon tel nie. Hulle was afkomstig uit elke nasie en stam en volk en taal, en het voor die troon gestaan, en voor die Lam. Hulle het lang wit stolas gedra, met palmtakke in hulle hande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná hierdie dinge het ek gekyk en ek het 'n groot klomp mense gesien wat bymekaar is. Daar was so baie mense dat niemand hulle kon tel nie. Hulle het gekom uit al die lande, stamme, volke en tale. Hulle het gestaan voor God se troon en voor die Lam. Hulle het wit klere gedra en hulle het takke van palmbome in hulle hande gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het ek ’n vreeslike klomp mense gesien. Hulle was so baie, ’n mens kon hulle nie eens tel nie. Hulle het van oral af gekom, maak nie saak waar hulle gebly of watter taal hulle gepraat het nie, hulle was daar voor God se troon en voor die Lam. Hulle was pragtig aangetrek en het baie deftig gelyk met hulle wit klere. Om te wys hoe vol vreugde hulle is, het hulle palmtakke rondgeswaai.