Revelation 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het 'n ander engel uit die ooste sien opkom, met die seël van die lewende God, en hy het met 'n groot stem uitgeroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig,
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ook ’n ander engel sien naderbeweeg van die kant waar die son opkom, terwyl hy ’n seël van die lewende God vashou. Hy het met ’n kragtige stem geroep na die vier engele wat toegelaat is om die land en see skade aan te doen, en
Afrikaans 1933/1953 En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig
Afrikaans 1983 Ek het ook 'n ander engel van die ooste af sien kom met die seël van die lewende God. Hy het met 'n harde stem geroep na die vier engele aan wie mag gegee is om die land en die see te tref,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het ook 'n ander engel van die oostekant af sien aankom, wat 'n seël van die lewende God vashou. Hy het met 'n kragtige stem geroep na die vier engele wat aangesê is om die land en die see te beskadig, en gesê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sien ek 'n ander engel wat van die ooste kom. Hy het die seël van God gehad, God wat altyd lewe. God het vir die vier engele gesê hulle mag die aarde en die see verwoes, en die engel het hard geskree vir daardie vier engele
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sien ek nog ’n engel. Die engel het aangekom uit die rigting waar die son altyd opkom. In sy hand het die engel iets gehad om mense mee te merk wat aan die lewende God behoort. Die engel skree toe vir die ander vier engele sodat hulle duidelik kon hoor: