Revelation 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal al die trane van hulle oë afvee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Lam wat in die middel by die troon staan, sal hulle soos ’n herder lei en hulle na die waterfonteine van die lewe bring; en God sal elke traan van hulle oë afdroog.” |
| Afrikaans 1933/1953 | want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee. |
| Afrikaans 1983 | want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die Lam wat in die middel voor die troon staan, sal hulle soos 'n herder versorg en hulle na fonteine met lewende water lei, en God sal elke traan uit hulle oë vee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Lam wat by God se troon is, sal hulle Herder wees. Hy sal hulle na fonteine neem en vir hulle water gee, water wat hulle altyd sal laat lewe. En God sal al hulle trane afvee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, die Lam, wat oor almal heers, sal persoonlik vir hulle sorg. Hy sal vir hulle alles gee wat nodig is om vir ewig te leef. En God sal sorg dat hulle nie meer hartseer sal wees of pyn sal ken nie.” |