Revelation 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal onder hulle woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom staan hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tentwoning oor hulle span. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. |
| Afrikaans 1983 | Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom is hulle voor die troon van God, waar hulle Hom dag en nag in sy •tempel dien. En Hy wat op die troon sit, sal sy tent by hulle opslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daarom is hulle nou voor God se troon. Hulle dien nou vir God elke dag en elke nag in sy tempel. God, wat op die troon sit, sal hulle beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is waarom hulle nou hier voor God staan. “Sonder ophou, dagin en daguit, dien hulle God in sy blyplek. Net so sal God, die Heerser, self by hulle bly en na hulle kyk. |