Revelation 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: Amen: Seën en heerlikheid en wysheid en danksegging en eer en krag en sterkte kom onse God toe tot in alle ewigheid. Amen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en gesê: “Amen, die lofprysing en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eerbetoning, die mag en die sterkte behoort aan ons God vir altyd. Amen!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen. |
| Afrikaans 1983 | en gesê: “Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en gesê: “•Amen! Die lof, die heerlikheid en die wysheid, die dank en die eer, die krag en die sterkte kom ons God toe vir ewig en ewig. Amen!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gesê: “Amen! Ons prys ons God! Ons prys Hom, ons Koning! Hy het al die wysheid! Ons sê vir Hom dankie! Ons eer Hom! Hy is baie sterk, Hy kan alles doen! Ons wil Hom altyd prys! Amen!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en Hom aanbid: “Niemand hoef hieraan te twyfel nie! Al die lof behoort aan God. Hy is die belangrikste van almal. Hy weet alles. Vir Hom moet ons vir alles dankie sê. Wat ons sê of wat ons doen, moet wees om Hom groot te maak. Hy het al die krag. Niemand is so sterk soos Hy nie. Ja, ons praat van ons God. Dit was van altyd af waar en sal vir altyd van Hom waar bly. Daaraan hoef niemand te twyfel nie!” |