Revelation 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die engele het rondom die troon en rondom die oudstes en die vier lewende wesens gestaan en op hulle aangesig voor die troon neergeval en God aanbid,
Afrikaans (NLV) 2011 Al die engele het ook rondom die troon gaan staan, asook die ouderlinge en die vier lewende wesens. Hulle het toe op hulle gesigte neergeval voor die troon en God aanbid
Afrikaans 1933/1953 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê:
Afrikaans 1983 Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die engele het rondom die troon, en ook rondom die ouderlinge en die vier lewende wesens, gestaan. Hulle het toe op hulle gesigte neergeval voor die troon, en God aanbid
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En al die engele het rondom God se troon en rondom die ouderlinge en rondom die vier diere gestaan. Die engele het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het vir God aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die engele het in ’n sirkel rondom die troon en die 24 leiers van die kerk en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het op hulle knieë voor God neergeval