Revelation 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan en die vier winde van die aarde vashou, sodat die wind nie sou waai teen die aarde of teen die see of teen enige boom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde teruggehou sodat geen wind op die land of op die see of teen enige boom waai nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nhierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde in bedwang gehou, sodat daar nie wind op die land of op die see of teen enige boom sou waai nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat hierdie dinge gebeur het, het ek vier engele gesien. Hulle het by die vier hoeke van die aarde gestaan. Die vier engele het die vier winde wat op die aarde waai, vasgehou sodat daar nêrens 'n wind gewaai het nie, nie op die aarde nie, nie op die see nie, en nie teen die bome nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was skaars verby of ek sien vier engele. Elkeen het in ’n ander windrigting gestaan. Hulle moes vir God die waai van die winde beheer. Vir eers het hulle die wind teruggehou. Daar het nie ’n luggie getrek of ’n blaartjie geroer nie. |