Revelation 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, het ek onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die woord van God en vir die getuienis wat hulle gehou het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Lam die vyfde seël oopbreek, het ek aan die voet van die altaar die siele gesien van hulle wat doodgemartel is oor die boodskap van God en die getuienis wat hulle gelewer het.
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Afrikaans 1983 Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy die vyfde seël oopbreek, het ek aan die voet van die altaar die siele gesien van dié wat doodgemaak is vanweë die woord van God en die getuienis wat hulle gelewer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Lam die vyfde seël van die boekrol breek, het ek die gelowiges gesien wat dood is, hulle was onder die altaar in die hemel. Die mense het daardie gelowiges doodgemaak omdat hulle geglo het wat God sê en omdat hulle vir ander mense vertel het wat hulle glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Lam breek toe die vyfde seël oop. Ek het ’n altaar gesien. Daar het mense spesiale geskenke vir God kom gee. Onder die altaar was die siele van mense wat met swaarde doodgekap is. En hoekom is hulle doodgemaak? Omdat hulle aan die boodskap van God vasgehou het en nie bang was om met oortuiging daaroor te praat nie.