Revelation 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde dier sê: Kom kyk. En ek het gesien, en daar was 'n swart perd; en hy wat op hom sit, het 'n weegskaal in sy hand gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 En toe die Lam die derde seël oopbreek, het ek gehoor dat die derde lewende wese sê: “Kom!” En ek het gekyk, en werklikwaar, daar staan ’n swart perd voor my! Sy ruiter het ’n weegskaal in sy hand vasgehou.
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd; en hy wat daarop sit, het 'n skaal in sy hand.
Afrikaans 1983 Toe Hy die derde seël oopmaak, het ek die derde lewende wese hoor sê: “Gaan uit!” Ek het gesien: daar was 'n swart perd. Sy ruiter het 'n skaal in sy hand gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy die derde seël oopbreek, het ek die derde lewende wese hoor sê: “Kom!” Ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd. Sy ruiter hou 'n weegskaal in sy hand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Lam die derde seël breek, het ek gehoor die derde dier skree: “Jy moet kom!” Ek het gekyk en toe sien ek daar kom 'n swart perd! Iemand het op die perd gesit. Hy het 'n weegskaal in sy hand gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Lam die derde seël breek, hoor ek die derde lewende wese sê: “Kom!” Ek het weer rondgekyk. Soos verwag kon word, het daar weer ’n perd aangekom. Dié perd was swart. Die ruiter het ’n skaal vasgehou waarmee kos geweeg is.