Revelation 6:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en vir die berge en rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sê toe vir die berge en die kranse: “Val op ons en verberg ons voor die oë van Hom wat op die troon sit en van die wraak van die Lam!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir die berge en die kranse gesê: “Val op ons en bedek ons vir die oë van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het na die berge en kranse geroep: “Val op ons, en verberg ons van die aangesig van Hom wat op die troon sit, en van die toorn van die Lam; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir die berge en rotse gesê: “Julle moet op ons val, julle moet ons toemaak! Ons wil nie hê dat God ons moet sien nie, God wat op die troon sit. Ons wil nie hê dat die Lam ons moet straf nie! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense daar het die berge en rotse uit angs gesmeek: “Val asseblief op ons. Begrawe ons. Steek ons weg vir God wat oor alles heers. Ja, steek ons weg sodat ons nie hoor hoe kwaad die Lam vir ons is nie.” En kan ’n mens hulle kwalik neem? |