Revelation 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom sy ontydige vye gooi as dit geskud word deur 'n geweldige wind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sterre van die hemelruim het op die aarde geval, net soos ’n vyeboom sy groen navye afgooi wanneer dit deur ’n stormwind getref word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, sy navye laat afval; |
| Afrikaans 1983 | Die sterre aan die hemel het op die aarde geval soos die navye van 'n vyeboom afval as dit deur 'n sterk wind geruk word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook die sterre het uit die hemelruim op die aarde geval, soos wanneer 'n vyeboom sy groen navye afgooi as dit deur 'n stormwind geruk word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die sterre in die lug het op die aarde geval. Dit het gelyk soos wanneer 'n sterk wind 'n vyeboom skud en die vye wat nog nie ryp is nie, op die grond val. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sterre het uit die hemel op die aarde gereën. Dit het gelyk soos blare wat in die herfs van ’n boom afval as ’n mens dit kwaai skud. |