Revelation 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wit klere is aan elkeen van hulle gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog 'n kort tydjie sou rus, totdat ook hulle medediensknegte en hulle broers vervul sou word wat gedood sou word soos hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan elkeen van hulle is toe ’n lang wit kleed gegee, en hulle is aangesê om nog ’n klein rukkie te rus, tot die tyd aanbreek dat hulle medediensknegte en medegelowiges, wat net soos hulle ook doodgemartel gaan word, voltallig is.
Afrikaans 1933/1953 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog 'n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Afrikaans 1983 Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gesê om nog 'n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges, wat net soos hulle ook doodgemaak gaan word, almal daar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop is aan elkeen van hulle 'n lang wit stola gegee, en hulle is aangesê om nog 'n kort rukkie te rus, totdat hulle medediensknegte en broers, wat ook soos hulle doodgemaak gaan word, voltallig sou wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het God vir hulle elkeen wit klere gegee. En Hy het vir hulle gesê hulle moet 'n kort tydjie wag, want die mense sal nog ander dienaars van God ook doodmaak. Hulle moet wag totdat daardie ander gelowiges ook almal dood is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God gee toe vir elkeen van hulle die duurste en pragtigste wit klere; klere wat ’n mens vir ’n belangrike geleentheid nodig het. “Wees nog ’n rukkie rustig,” sê God. “Moenie oorhaastig wees nie. Al julle mede-Christene wat God met soveel oortuiging saam met julle dien, is nog nie hier nie. Hulle moet nog eers soos julle vir God sterf.”