Revelation 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Here, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het met ’n kragtige stem uitgeroep: “Hoe lank, o heilige en betroubare Heer, gaan U nog wag voordat U die oordeel voltrek en ons bloed op die bewoners van die aarde wreek?”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Afrikaans 1983 Hulle het hard geroep: “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het met 'n harde stem geroep: “Tot wanneer, heilige en ware Here, gaan U uitstel om u oordeel te voltrek, en ons bloed op die aardbewoners te wreek? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gelowiges het hard geskree en gevra: “Here, U wat heilig is en wat altyd dieselfde bly, hoe lank sal dit nog wees voordat U die mense op die aarde sal oordeel en hulle sal straf omdat hulle ons doodgemaak het?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het hard geskree sodat almal kon hoor: “O, hoe lank nog, grote Heerser? U is anders as mense en U is die bron van alle waarheid. Wanneer gaan U die mense straf wat so sleg lewe? Wanneer gaan U hulle laat betaal omdat hulle ons doodgemaak het?”