Revelation 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak, en ek het, soos die geluid van die donder, een van die vier lewende wesens hoor sê: Kom kyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl ek gekyk het, het die Lam een van die sewe seëls oopgebreek; en ek het een van die vier lewende wesens met ’n geluid soos ’n donderslag hoor sê: “Kom!”
Afrikaans 1933/1953 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van 'n donderslag: Kom kyk!
Afrikaans 1983 Ek het gesien toe die Lam die eerste van die sewe seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die knal van 'n donderslag: “Gaan uit!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het gesien toe die Lam een van die sewe seëls oopbreek. En ek het een van die vier lewende wesens soos die geluid van 'n donderslag hoor sê: “Kom!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesien die Lam breek een van die sewe seëls van die boekrol. Toe hoor ek een van die vier diere skree, hy het so hard soos donderweer geskree. Hy het gesê: “Jy moet kom!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe gestaan en kyk hoe die Lam een van die sewe seëls breek waarmee die boek verseël was. Juis toe hoor ek een van die vier lewende wesens sê: “Kom!” Dit het geklink soos donderweer wat slaan. Ek het gekyk.