Revelation 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het 'n sterk engel gesien wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en die seëls daarvan los te maak? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het ook ’n sterk engel gesien wat met ’n kragtige stem uitroep: “Wie is waardig genoeg om die boekrol oop te maak deur die seëls daarvan te breek?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het 'n sterk engel gesien wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek? |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek 'n sterk engel gesien wat met 'n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het ook 'n sterk engel gesien, wat met 'n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boekrol oop te maak en die seëls daarvan te breek?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het 'n sterk engel gesien. Hy het hard geskree en gesê: “Wie mag die boekrol oopmaak? Wie mag die seëls op die boekrol breek en die boek oopmaak?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sien ek ’n sterk engel. Hy roep toe hard uit dat almal kan hoor: “Wie is belangrik genoeg om die boek oop te maak? Wie mag die seëls breek?” Daar was niemand nie! |