Revelation 5:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, en wat in die see is, en alles wat daarin is, het Ek hoor sê: Seën en eer en heerlikheid en krag kom aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam vir ewig en altyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele skepping — in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam, kom toe die lofprysing en die eerbetoning, die heerlikheid en die krag vir altyd en altyd.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! |
| Afrikaans 1983 | Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek het die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see, en alles wat daarin bestaan – hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hoor ek hoe sing alles wat lewe, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, en alles wat in hulle is. Hulle het hierdie woorde gesing: “Ons prys Hom wat op die troon sit en ons prys die Lam, ons eer en prys Hulle, Hulle wat sterk is, altyd en altyd!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hoor ek hoe alles in die skepping ook saam begin sing. Letterlik alles en almal, of hulle in die hemel, op aarde, onder die aarde of in die see was, het gesing. Selfs alles in die see het saamgesing. Die ganse heelal het gesing: “Vir God wat op die troon sit en die Lam loof ons met al die goeie en mooi woorde wat ons ken. Al die eer en grootheid, al die krag is Hulle s’n vir ewig en altyd, sonder ophou.” |