Revelation 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Met 'n groot stem sê: Die Lam wat geslag is, is waardig om krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en seën te ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het in ’n magtige koor gesing: “Die Lam wat geslag is, is waardig genoeg om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lofprysing te ontvang.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. |
| Afrikaans 1983 | uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat met harde stemme uitroep: “Waardig is die Lam wat geslag is, om die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof te ontvang.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het hierdie woorde hard gesing: “Almal moet sing oor die Lam wat gesterf het. Hulle moet vertel dat Hy sterk en ryk is, en dat Hy wysheid en krag het, hulle moet Hom eer en prys en loof!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het in ’n massakoor hard gesing: “Die Lam met die wond aan sy nek is die belangrikste onder die belangrikstes. Soek jy krag? Jy sal dit by Hom kry. En rykdom? Dit is by Hom. En die kuns om te leef? Gaan leer maar by Hom. By Hom is die mag en die belangrikheid en eer en lof, ja, sommer alles.” |