Revelation 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer daardie diere heerlikheid en eer en dank gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,
Afrikaans (NLV) 2011 Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe,
Afrikaans 1933/1953 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,
Afrikaans 1983 Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die vier diere het die Persoon wat op die troon sit, geloof en geprys. Hulle het vir Hom dankie gesê, vir Hom wat altyd lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vier lewende wesens maak geen geheim daarvan hoe groot God is nie. Hulle basuin oral uit hoe belangrik Hy is. Hy is daar en leef vir ewig en altyd. Hulle hou nie op om vir God wat op sy troon sit vir alles en nogmaals alles dankie te sê nie.