Revelation 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die eerste dier was soos 'n leeu, en die tweede dier soos 'n kalf, en die derde dier het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde dier was soos 'n vlieënde arend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die eerste lewende wese het soos ’n leeu gelyk, die tweede soos ’n bul, die derde het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad, en die vierde het gelyk soos ’n vlieënde arend. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die eerste lewende wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende wese was soos 'n kalf, en die derde lewende wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese was soos 'n arend wat vlieg. |
| Afrikaans 1983 | Die eerste lewende wese het soos 'n leeu gelyk en die tweede soos 'n bul; die derde het 'n gesig soos dié van 'n mens gehad en die vierde het gelyk soos 'n arend wat vlieg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die eerste lewende wese lyk net soos 'n leeu; die tweede lewende wese net soos 'n kalf; die derde lewende wese het 'n gesig net soos 'n mens, en die vierde lewende wese lyk net soos 'n arend wat vlieg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die eerste dier het gelyk soos 'n leeu. Die tweede dier het gelyk soos 'n bul. Die derde dier se gesig het gelyk soos 'n mens se gesig. Die vierde dier het gelyk soos 'n arend wat vlieg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die eerste een het soos ’n leeu gelyk en die tweede een soos ’n os. Die derde een het ’n gesig soos ’n mens s’n gehad en die vierde een het gelyk soos ’n arend wat vlieg. Hierdie vier wesens het die skepping verteenwoordig: die arend het die vlieënde diere, die leeu die wilde diere en die os die mak diere verteenwoordig en die een met die gesig van ’n mens het al die mense verteenwoordig. |