Revelation 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon was vier diere vol oë voor en van agter. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vlak voor die troon het dit gelyk soos ’n spieëlgladde see, soos kristal. In die middel en rondom die troon het daar vier lewende wesens gestaan, met oë aan die voor- en agterkant. |
| Afrikaans 1933/1953 | en voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. |
| Afrikaans 1983 | Voor die troon was dit soos 'n spieëlgladde see, helder soos kristal. Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oë van voor en van agter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Voor die troon lyk dit soos 'n see van glas, net soos kristal. In die middel van die troon en rondom die troon staan daar vier lewende wesens, vol oë aan die voorkant en agterkant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Voor die troon was daar iets wat gelyk het soos 'n see van glas, dit was so helder soos kristal. In die middel, rondom die troon, was daar vier diere. Elke dier se liggaam was vol oë, voor en agter. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voor die troon was dit of daar ’n see van glas was, glad en stil. Dit het my laat besef dat niks van Satan se bose onrustigheid God se kalmte ooit sal kan versteur nie. Aan elkeen van die vier kante van die troon het ’n lewende wese gestaan. Hulle het baie besonders gelyk. Hulle het niks misgekyk nie, want hulle was oortrek van die oë. |