Revelation 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En uit die troon het weerligstrale en donderslae en stemme uitgegaan, en daar het sewe vuurlampe voor die troon gebrand, wat die sewe Geeste van God is.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God.
Afrikaans 1933/1953 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;
Afrikaans 1983 Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vanuit die troon het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. En voor die troon het sewe vuurfakkels gebrand – die sewe Geeste van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het weerlig en donderweer van die troon gekom en dit het geraas. Sewe fakkels het voor die troon gebrand. Dit was die Sewe Geeste van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Blitse het geslaan en die donder het uit die rigting van die troon gerommel. Die Gees van God het voor God se troon gestaan, gereed om sy werk te gaan doen. Dit het kompleet gelyk soos ’n klomp helder ligte wat gelyk brand.