Revelation 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat sit, was om te sien soos 'n jaspis- en 'n sardiensteen, en daar was 'n reënboog rondom die troon, in sig soos 'n smarag.
Afrikaans (NLV) 2011 En die Een wat sit, se voorkoms was net soos jaspis en karneool, terwyl daar ’n reënboog met die glans van smarag om die troon gehang het.
Afrikaans 1933/1953 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 'n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos 'n smarag.
Afrikaans 1983 Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar 'n reënboog met die glans van smarag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Een wat daarop sit, se voorkoms was soos •jaspis en •karneool, en rondom die troon was daar 'n reënboog wat net soos •smarag lyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Persoon op die troon het gelyk soos jaspis en karneool. Rondom die troon was 'n reënboog wat soos smarag gelyk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek na Hom kyk, was dit of ek na edelgesteentes kyk wat wit en rooi lig weerkaats. Dit het my daaraan laat dink hoe groot God is, maar ook laat besef dat Hy goddeloses gaan oordeel. ’n Pragtige reënboog het ook God se troon omraam. Dit het geskitter soos ’n groen edelsteen. Dit het my laat besef dat God wat op die troon sit, altyd getrou is.