Revelation 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dadelik was ek in die gees, en kyk, 'n troon staan in die hemel, en een sit op die troon.
Afrikaans (NLV) 2011 Onmiddellik was ek in die greep van die Gees. Ek het ’n troon in die hemel sien staan met Iemand wat daarop sit.
Afrikaans 1933/1953 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon.
Afrikaans 1983 Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan 'n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onmiddellik het die Gees van my besit geneem, en kyk, daar was 'n troon in die hemel, en Iemand wat op die troon sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Gees het in my gekom, en toe sien ek in die hemel 'n troon en ek sien Iemand sit op die troon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Heilige Gees het met my laat gebeur wat die stem gevra het. Ek is deur die deur in die hemel in. Daar, in die hemel, het ’n troon gestaan. Iemand, God self, het op die troon gesit.