Revelation 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U is waardig, o Here, om heerlikheid en eer en krag te ontvang, want U het alles geskape, en na U welbehae is hulle en is hulle geskape.
Afrikaans (NLV) 2011 “U is waardig, Here ons God, om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur u wil is alles wat bestaan, geskape.”
Afrikaans 1933/1953 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
Afrikaans 1983 “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Here, ons God, almal moet U eer en prys en sê hoe sterk U is! Ons wil U eer! Ons wil U prys! Ons wil sê hoe sterk U is! Want U het alles gemaak! Ja, U het so besluit, daarom is alles daar, U het alles gemaak!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Here, ons God, wie kan so belangrik wees soos U? Na U sien almal op; U is sterker as die sterkstes. En dit is ook reg so, want dit is hoe U is. Ja, U het alles gemaak. Alles in die skepping is daar omdat U dit so wou gehad het.”