Revelation 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek ken jou werke; kyk, Ek het 'n geopende deur voor jou gestel, en niemand kan dit sluit nie, want jy het 'n bietjie krag en het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek ken jou handel en wandel. Kyk, Ek het ’n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie. Al het jy ook net beperkte krag, het jy my boodskap nogtans gehoorsaam en My nie verloën nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
Afrikaans 1983 Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Ek ken jou dade. Kyk, Ek het voor jou 'n oop deur gegee, wat niemand kan sluit nie. Al is jou krag min, het jy vasgehou aan my woord, en het jy my Naam nie verloën nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet wat jy doen. Jy is nie sterk nie, maar jy het gedoen wat Ek vir jou sê en jy was nie bang om te sê dat jy aan My behoort nie. Daarom het Ek vir jou 'n deur oopgemaak sodat jy by My kan wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet waarmee julle julle besig hou. Kyk mooi. Ek het vir julle ’n deur oopgemaak. Niemand kan dit toemaak nie. Julle invloed in Filadelfia is maar klein. Ek weet dit! Maar dit bring julle nie van stryk nie. Julle leef soos Ek van julle vra. Boonop is julle nie skaam of bang om te erken dat julle Christene is nie.