Revelation 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy het 'n paar name selfs in Sardis wat hulle klere nie verontreinig het nie; en hulle sal saam met My wandel in wit klere, want hulle is dit waardig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar jy het tog ’n klompie persone in Sardis wat nie hulle klere vuilgemaak het nie. Dit is hulle wat vir altyd saam met My in wit klere sal leef omdat hulle dit werd is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is. |
| Afrikaans 1983 | Maar julle het darem 'n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar daar is 'n paar mense by jou in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie. Hulle sal saam met My leef, in wit klere, omdat hulle dit werd is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daar is party mense in Sardis wat reg lewe, hulle lewe is skoon, dit is soos Ek wil hê hulle moet lewe. Ek is tevrede met hulle en daarom sal hulle saam met My wees, hulle sal wit klere dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is tog ’n paar uitsonderings onder julle daar in Sardis. Ek praat van die mense wat nog nie in die modder van die sonde baljaar het nie. Hulle geestelike klere is nog mooi skoon. Vir sulke mense het Ek respek. Hulle kan maar oral saam met My in hulle mooi, skoon klere stap. |