Revelation 3:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Almal as wat ek liefhet, bestraf en tugtig ek; wees dan ywerig en bekeer my.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek berispe en straf almal wat Ek liefhet. Kry lewe en kom tot inkeer!
Afrikaans 1933/1953 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
Afrikaans 1983 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Diegene wat Ek liefhet, berispe en tug Ek: Wees dan ywerig en bekeer jou!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As Ek lief is vir mense, dan straf Ek hulle en Ek leer vir hulle om die regte dinge te doen. Daarom moet jy begin lewe soos Ek wil hê, en jy moet hard werk vir My!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense vir wie Ek regtig omgee, help Ek reg. Ek wys vir hulle wat Ek van hulle verwag. Soms moet Ek hulle op die regte pad hou op maniere wat nie vir hulle lekker is nie. Maar Ek doen dit uit liefde sodat hulle goeie Christene kan bly. Nou toe, Ek praat ook met julle. Sit skouer aan die wiel. Los al die afdraaipaadjies en stap net agter God aan.