Revelation 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense; Hierdie dinge sê die Amen, die getroue en waaragtige getuie, die begin van die skepping van God;
Afrikaans (NLV) 2011 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Laodisea: So sê die Amen, die getroue en betroubare getuie, die oorsprong van God se skepping:
Afrikaans 1933/1953 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: D¡t sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
Afrikaans 1983 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Laodisea: So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Skryf aan die boodskapper van die •gemeente in Laodisea: “Dit sê die •Amen, die getroue en ware getuie, die begin van God se skepping,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die engel van die gemeente in die stad Laodisea skryf: Die Een wat altyd doen wat Hy belowe, praat met jou, Hy wat altyd die waarheid praat en nooit lieg nie. Hy is die belangrikste, Hy laat alles en almal lewe, almal en alles wat God gemaak het. Hy sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skryf die volgende brief aan die leier van die gemeente in Laodisea: Die Een wat waarborg dat dinge sal wees soos dit moet wees, het vir julle ’n boodskap. Wat Hy sê, kan julle maar glo, en alles wat Hy sê of doen, is waar. Dit is soos God dit wil hê. Jesus is die Een wat die skepping van God aan die gang gesit het. Dit is Hy wat nou met julle praat.