Revelation 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar van die uur van versoeking wat oor die hele wêreld sal kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat jy vasgehou het aan die getuienis van hoe Ek volhard het, sal Ek jou ook bewaar gedurende die tyd van hewige toetsing wat vir die hele bewoonde wêreld voorlê — daardie tyd wanneer al die bewoners van die aarde deeglik getoets word.
Afrikaans 1933/1953 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Afrikaans 1983 Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat jy aan my opdrag gehoorsaam was om te volhard, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele bewoonde wêreld gaan aanbreek, om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesê jy moet geduldig wees wanneer mense slegte dinge doen aan jou omdat jy aan My behoort, en jy was geduldig. Daarom sal Ek jou beskerm. Al die mense op die aarde sal baie swaar kry wanneer Ek hulle sal toets, maar Ek sal jou beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het julle gevra om nie moed te verloor nie en julle het regtig vasgebyt tot die einde toe. God sal in ’n stadium elke mens op hierdie aarde toets. Daar gaan dinge gebeur wat swaar is. In hierdie baie moeilike tye kan elke gelowige maar weet: Ek sal na hom kyk!