Revelation 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis; Dit sê hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het; Ek ken jou werke, dat jy 'n naam het dat jy lewe en dood is.
Afrikaans (NLV) 2011 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Sardis: Só sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre vashou: Ek ken jou handel en wandel. Ek weet ook dat jy daarvoor bekend is dat jy lewe, maar jy is dood.
Afrikaans 1933/1953 En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: D¡t sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.
Afrikaans 1983 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Sardis: So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Skryf ook aan die boodskapper van die •gemeente in Sardis: “Dit sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het, “ ‘Ek ken jou dade – jy staan daarvoor bekend dat jy lewe, maar jy is dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die engel van die gemeente in die stad Sardis skryf: Die Een wat die Sewe Geeste van God en die sewe sterre het, sê: Ek weet wat jy doen. Die mense dink dat jy geestelik lewe, maar jy is geestelik dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skryf die volgende brief aan die leier van die gemeente in Sardis: Dit is die boodskap van Jesus wat die ware Gees van God het; ja, Hy vir wie al die leiers van die gemeente werk. Julle kan niks vir My wegsteek nie. Julle gee voor dat julle so ’n lewendige gemeente is. Almal is selfs aan die praat daaroor. Tog weet Ek dat julle geestelik morsdood is.