Revelation 22:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy vir my: Pas op dat jy dit nie doen nie, want ek is jou mededienskneg en van jou broers, die profete, en van die wat die woorde van hierdie boek bewaar: aanbid God.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hy sê aan my: “Oppas, moenie! Ek is maar net ’n mededienskneg van jou en van jou medegelowiges, naamlik die profete, en van dié wat die woorde van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God!”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.
Afrikaans 1983 “Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges, die profete en dié wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Aanbid God!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy het vir my gesê: “Moet dit nie doen nie! Ek is net 'n dienskneg saam met jou en jou broers, die profete, en saam met diegene wat vashou aan die woorde van hierdie boekrol. Aanbid God!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hy het vir my gesê: “Jy moenie vir mý aanbid nie, want ek dien ook vir God. Ek dien Hom ook soos jy en jou vriende, die profete, en soos al die ander mense wat hierdie boek lees en wat doen wat daarin geskryf is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wag, moenie!” sê die engel toe. “Net soos jy is ek ook net iemand wat God dien. Daar is geen verskil tussen my en jou en al die ander boodskappers van God, al die broers en susters en die mense wat die boodskap van hierdie boek ernstig opneem nie. Ons almal moet dieselfde doen: eer en aanbid God!”