Revelation 22:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek, Johannes, het hierdie dinge gesien en dit gehoor. En toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge laat sien het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek, Johannes, het hierdie dinge gehoor en gesien. En toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval voor die voete van die engel wat al hierdie dinge aan my uitgewys het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. |
| Afrikaans 1983 | Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my knieë neergeval om hom te aanbid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek, Johannes, is die een wat hierdie dinge gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval aan die voete van die engel wat hierdie dinge aan my gewys het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, Johannes, het al die dinge gesien en gehoor wat in hierdie boek geskryf is. 'n Engel het dit vir my gewys. Toe ek dit alles gesien en gehoor het, het ek voor die engel se voete gekniel en ek wou hom aanbid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek, Johannes, het al hierdie dinge met my eie ore gehoor en met my eie oë gesien. Toe ek dit gesien en gehoor het, het ek net daar op my knieë neergesak. Daar aan sy voete wou ek die engel wat my alles gewys het, eer en soos God aanbid. |