Revelation 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal geen nag daar wees nie; en hulle het geen kers of sonlig nodig nie; want die Here God gee hulle lig, en hulle sal as konings heers tot in alle ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal ook geen behoefte aan die lig van ’n kandelaar of van die son wees nie omdat die Here God vir hulle lig sal gee, en hulle sal vir altyd as konings regeer.
Afrikaans 1933/1953 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
Afrikaans 1983 Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal ook nie meer nag wees nie. Die behoefte aan die lig van 'n lamp en die lig van die son sal nie meer bestaan nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle vir ewig en ewig as konings sal heers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal nie meer nag wees nie. Daar sal nie meer lig van 'n lamp of die son wees nie. Dit sal nie nodig wees nie, want die Here God sal 'n lig wees vir hulle. En hulle sal altyd en altyd regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal ook nooit donker word nie. Daarom sal lampe, ligte en selfs die son oorbodig wees. Die rede is dat die Here God self vir hulle soos lig sal wees. Hulle sal vir ewig en altyd soos konings leef. Nooit weer sal hulle iemand anders as net die Here dien nie.