Revelation 22:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge wat in hierdie boek geskrywe is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boekrol wegneem, sal God sy deel wegneem aan die boom van die lewe en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. |
| Afrikaans 1983 | en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as iemand van die woorde van die boekrol van hierdie profesie wegneem, sal God sy aandeel aan die boom van die lewe, en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is, wegneem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as iemand sê die dinge wat in hierdie boek geskryf is, sal nie gebeur nie, dan sal God hom straf! God sal sê hy mag nie eet van die vrugte van die boom van die lewe nie, en hy mag nie ingaan in die gewyde stad nie. In hierdie boek is geskryf van die boom van die lewe en van die gewyde stad.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat iets van God se boodskap in hierdie boek weglaat, moet ook gewaarsku wees. God sal sy aandeel in die boom wat aan mense die lewe gee en sy plek in die heilige stad vir ewig wegneem. (Dit is die boom en die stad waarvan vroeër in die boek gepraat is.) |