Revelation 22:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek getuig aan elke mens wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, sal God oor hom die plae byvoeg wat in hierdie boek geskrywe is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek getuig plegtig teenoor elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boekrol hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom as straf die plae byvoeg waarvan in hierdie boekrol geskryf is,
Afrikaans 1933/1953 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Afrikaans 1983 Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek getuig teenoor elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol hoor: “As iemand iets hieraan toevoeg, sal God die plae waarvan in hierdie boekrol geskryf is, aan hom toevoeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dinge wat moet gebeur, is in hierdie boek geskryf. Ek sê nou vir almal wat hierdie boek lees: “As iemand sê dat God dinge sal laat gebeur, en daardie dinge is nie in hierdie boek geskryf nie, dan sal God hom straf! God sal vir hom die strawwe gee wat in hierdie boek geskryf is!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En nou ’n waarskuwing: dit gaan aan almal wat die boodskap van hierdie boek hoor. Ek waarsku die persoon wat enigiets by hierdie boodskap bysit. God sal hom met al die plae en slegte dinge tref waarvan daar in hierdie boek vertel word.