Revelation 22:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat dit hoor sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom. En elkeen wat wil, laat hom die water van die lewe verniet neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Gees en die bruid sê toe: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat smag na die lewegewende water, moet kom haal, verniet! |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. |
| Afrikaans 1983 | Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die Gees en die bruid sê: “Kom!” En laat elkeen wat luister, sê: “Kom!” En laat elkeen wat dors het, kom. En laat elkeen wat dit begeer, die water van die lewe kom kry, verniet! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Gees en die kerk, Jesus se bruid, sê: “U moet kom!” Elkeen wat dit hoor, moet sê: “U moet kom!” As iemand geestelik dors is, dan moet hy water kom haal, water wat hom altyd sal laat lewe, water wat verniet is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Gees asook die bruid sê: “Kom!” Wie hierdie woorde hoor, moet ook sê: “Kom!” Laat die een wat geestelik dors het, kom. Enigeen wat graag wil, kan die water wat ’n mens vir ewig laat leef, verniet kom kry. |