Revelation 22:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge in die gemeentes aan julle te betuig. Ek is die wortel en die nageslag van Dawid, en die helder môrester.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek, Jesus, het my engel gestuur om al die dinge aan julle in die gemeentes te verkondig. Ek is die Wortel, die Nakomeling van Dawid, die helder Môrester.”
Afrikaans 1933/1953 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môre ster.
Afrikaans 1983 “Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek, Jesus, het my engel gestuur om teenoor julle oor hierdie dinge in die gemeentes te getuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die helder môrester. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek, Jesus, het my engel na julle toe gestuur. Die engel het al die dinge in hierdie boek vir die gemeentes gesê. Ek, Jesus, is die Wortel van Dawid, die Nageslag van Dawid, en die Blink Môrester.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek, Jesus, het ’n engel as boodskapper gestuur om al hierdie dinge aan die gemeentes van God te vertel. Ek is ’n afstammeling van Dawid; uit sy geslag is Ek gebore. Ek is soos die helder ster wat die nuwe dag aankondig.”