Revelation 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie onregverdig is, laat hom nog steeds onregverdig wees; en wie vuil is, laat hom nog vuil word; en wie regverdig is, laat hom nog steeds regverdig wees; en wie heilig is, laat hom nog heilig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wie aanhou om kwaad te doen, moet nog meer kwaad doen en wie vuil is, moet vuil bly, maar wie reg optree, moet voortgaan om reg te doen, en wie aan God toegewy is, moet ook verder aan God toegewy bly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. |
| Afrikaans 1983 | Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie onreg pleeg, laat hy nog meer onreg pleeg; wie onrein is, laat hy nog meer onrein word; maar wie regverdig is, laat hy nog meer geregtigheid beoefen; en wie heilig is, laat hy nog meer heilig word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat verkeerde dinge doen, moet nog meer verkeerde dinge doen! En die mense wat slegte dinge doen, moet nog meer slegte dinge doen! Maar die mense wat doen wat God wil hê, moet nog meer dinge doen wat God wil hê! En die mense wat reg lewe, moet aanhou om reg te lewe!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat die een wat verkeerde dinge doen, maar daarmee aanhou. Die een wat walglik wil wees, moet dit maar wees. Die een wat reg leef, moet so aanhou en die een wat net vir God wil leef, moet so bly leef.” |