Revelation 21:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het opgetrek oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke vashou wat vol was met die laaste sewe plae, nadergestaan en aan my gesê: “Kom, ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. |
| Afrikaans 1983 | Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. “Kom,” het hy gesê, “ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het een van die sewe engele wat die sewe bakke vol van die sewe laaste plae vashou, gekom en met my gepraat en gesê: “Kom hierheen, ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van die sewe engele het na my toe gekom. Dit was een van die sewe engele wat God se straf gebring het, God se sewe laaste strawwe in sewe bakke. Die engel het vir my gesê: “Jy moet saam met my kom! Ek sal vir jou die bruid wys, die vrou van die Lam!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van die sewe engele kom toe nader (dit was een van die engele wat een van die sewe bakke met die laaste plae oor die aarde uitgegooi het). |