Revelation 21:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geseënd en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Iemand wat dors het, sal Ek verniet laat drink uit die fontein met lewegewende water.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Om,ga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
Afrikaans 1983 Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel! Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Dié wat dors is, sal Ek laat drink uit die fontein van lewegewende water – verniet!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het vir my gesê: “Alles is verby! Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. As iemand geestelik dors is, dan sal Ek vir hom water gee wat hom altyd laat lewe, water wat verniet is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles begin by My en Ek besluit waar alles gaan eindig. Ek is die begin en die einde. As iemand geestelik dors is, sal Ek vir hom sorg. Ek sal vir hom water gee wat ’n mens se geestelike dors les en hom vir ewig laat leef. Dit alles is gratis.