Revelation 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en oordeel is aan hulle gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is ter wille van die getuienis van Jesus en vir die woord van God, en wat die dier nie aanbid het nie, en ook nie sy beeld, en het sy merk nie op hulle voorhoofde of in hulle hande ontvang nie; en hulle het geleef en saam met Christus geregeer duisend jaar lank.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.”
Afrikaans 1933/1953 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Afrikaans 1983 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal elke traan uit hulle oë afdroog. En die dood sal nie meer daar wees nie; ook nie rou of 'n gehuil of pyn sal meer bestaan nie; want die eerste dinge het verbygegaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God sal al die trane van hulle oë afvee! Hulle sal nooit sterf nie! Hulle sal nooit huil en kla nie! Hulle sal nooit seerkry nie! Want die ou dinge het verbygegaan!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.”