Revelation 21:23 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Die stad het ook nie die son en die maan nodig om dit te verlig nie, want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is sy kandelaar.
Afrikaans 1933/1953 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Afrikaans 1983 Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook het die stad nie die son en die maan nodig om haar te verlig nie, want die heerlikheid van God het haar verlig, en die Lam is haar lamp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nie 'n son of 'n maan om vir die stad lig te gee nie. Dit was nie nodig nie, want die lig wat om God die Koning is, het daar lig gegee. En die Lam was die lamp vir die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ook nie meer ’n son of maan nodig om lig te gee nie. Die grootheid en heerlikheid van God self het die stad verlig. Ja, die Lam was soos ’n helder lig in die stad.