Revelation 21:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die draak, die ou slang, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom duisend jaar lank gebind, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het ook die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerkom. Die nuwe Jerusalem was soos ’n bruid wat vir haar eggenoot mooigemaak is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is. |
| Afrikaans 1983 | En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek het die heilige stad, die Nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerdaal. Sy is gereedgemaak, soos 'n bruid wat versier is vir haar man. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sien ek die gewyde stad, die Nuwe Jerusalem, kom af uit die hemel, van God af. Die stad was gereed, soos 'n bruid wat haarself mooi gemaak het vir haar man. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos ’n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het. |