Revelation 21:18 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Die boumateriaal van die muur is jaspis en dié van die stad self suiwer goud, so helder soos skoon glas.
Afrikaans 1933/1953 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.
Afrikaans 1983 Die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos 'n skoon spieël lyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die boumateriaal van die muur was jaspis, en dié van die stad suiwer goud, so blink soos 'n skoon spieël.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die muur was van jaspis. Die stad was van die beste goud, dit het geblink soos die mooiste glas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die muur was van die pragtigste edelgesteentes gebou. Die stad self was van die suiwerste goud. Dit het geblink en geskitter, byna asof ’n mens na glas kyk.